top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Wolvaardt loof haar span, die Royals herstel en Rosenior groet vir Chelsea

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 7 days ago
  • 2 min read

Updated: 6 days ago

Ons begin met krieket-nuus: Die kaptein van die Proteas-vroue, Laura Wolvaardt, het die kollig van haar uitstekende 115 weggeskuif en eerder haar span geloof vir die beklinking van die T20I-reeks teen Indië op die Wanderers gistraand.

 

Die Proteas op ‘n skouspelagtige wyse teruggeslaan teen die wêreldkampioene in EDI-krieket op eie bodem.

 

Volgens IOL sê Wolvaardt om ’n reeks te wen is nie iets wat jy elke dag regkry nie, en sy is besonder trots op die span.

 

Opeenvolgende oorwinnings by Kingsmead in Durban die afgelope naweek is opgevolg met ’n omvattende oorwinning met nege paaltjies oor Indië, wat die reeks beklink het met nog twee wedstryde oor om te speel.


Die Proteas het Indië se 192/4 met 21 balle oor gejaag.

 

Die Protea-kaptein was in uitmuntende vorm oor die drie wedstryde, met haar rekordbrekende 115 wat haar lopietotaal tot ’n indrukwekkende 220 geneem het.

 

Die Rajasthan Royals het teruggekeer na wenvorm met ‘n oortuigende oorwinning van 40 lopies oor die Lucknow Super Giants, nadat hulle ‘n totaal van 159 lopies suksesvol verdedig het.


Jofra Archer het met die bal geskitter, drie paaltjies geneem en die Royals se voorste paaltjienemer van alle tye geword, aangesien Lucknow vir 119 lopies in 18 boulbeurte uitgeboul is.


Die uitslag lig die Royals na die tweede plek op die tabel, terwyl Lucknow naby die onderkant bly met slegs vier punte uit sewe wedstryde.

 

En, in sokker-nuus: Die Engelse klub, Chelsea, het aangekondig dat Liam Rosenior as afrigter afgedank is ná ’n reeks van vyf agtereenvolgende Premierliga-nederlae.


Netwerk24 berig die 41-jarige was net meer as drie maande op sy pos vir Chelsea nadat hy weggelok is van die Franse klub Strasbourg, wat geaffilieer is met Chelsea se Amerikaanse eienaars. Chelsea se nederlaag met 0-3 Dinsdagaand teen Brighton was die breekpunt. 


Volgens AFP is dit die eerste keer sedert 1912 dat Chelsea vyf agtereenvolgende ligawedstryde verloor het sonder om ’n doel aan te teken.


Die klub het bygevoeg dat Calum McFarlane tydelik sal waarneem. Sy eerste wedstryd is ’n FA Cup-halfeindstryd Sondag teen Leeds United.


Dit is glo die eerste keer sedert 1912 dat Chelsea vyf agtereenvolgende ligawedstryde verloor het sonder om ’n doel aan te teken. FOTO: Chelsea FC
Dit is glo die eerste keer sedert 1912 dat Chelsea vyf agtereenvolgende ligawedstryde verloor het sonder om ’n doel aan te teken. FOTO: Chelsea FC

 
 
 

Comments


bottom of page