top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Milde reën word in Bfn verwag

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15
1 min read

Minstens 100 mm reën sal na verwagting die res van die week in Bloemfontein val. Donderdag word 36 mm verwag, Vrydag 24 mm en Saterdag 40 mm.


Netwerk24 berig Vrystaters moet hulle gereed maak vir ontwrigtende reënval wat dié week oor die provinsie beweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag ’n waarskuwing oor sterk winde en ontwrigtende reënval vir die res van die week uitgereik.


’n Afsnylaagdrukstelsel het Sondag van die Wes-Kaap inbeweeg en die Vrystaat Maandag bereik.


'n Voorspeller van die weerkantoor in Bloemfontein, Michael Nethavhani, sê geen reën word Woensdag verwag nie, maar nog ’n laagdrukstelsel sal Donderdag geïsoleerde tot verspreide donderbuie in die Oos-Vrystaat veroorsaak.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page