Miljarde is nodig om waterinfrastruktuur op te gradeer

1 hour ago
1 min read
Sowat R400 miljard is volgens die Departement van Water en Sanitasie nodig om verouderde infrastruktuur in 107 munisipaliteite te herstel en op te gradeer.
Dié munisipaliteite sukkel met kritieke of herhalende probleme met watervoorsiening.
Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die syfer in ’n skriftelike parlementêre antwoord bekend gemaak.
Die departement sê R13.7 miljard is vanjaar vir infrastruktuurtoelaes beskikbaar gestel, waarvan 80% aan munisipaliteite met die swakste prestasie toegeken word.








Comments