top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrystaatse polisiesersant moet tronk toe oor omkoopgeld

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 hour ago
1 min read

’n Polisiesersant van Reitz is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy R3 000 se omkoopgeld van ’n verdagte geëis het.


Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het ’n speurder by die Reitz-polisiekantoor, sersant Lefu Zwane, die geld geëis in ruil daarvoor dat ’n strafsaak teen die man glo nie verhoor toe gaan nie.


Die man het die eis by sy werkgewer aangemeld, waarna die Vrystaatse Anti-Korrupsie-eenheid ’n ondersoek van stapel gestuur het.


Die geld is tydens ’n lokval aan Zwane oorhandig en lede van die eenheid het hom daarna in hegtenis geneem.


Die Reitz-streekhof het hom skuldig bevind aan korrupsie en hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. ’n Verdere vyf jaar is geheel en al opgeskort.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page