top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Historiese Vrystaat-kerk is tydens ’n inbraak beskadig

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
43 minutes ago
1 min read

Die historiese Anglikaanse kerk in Parys is tydens ’n inbraak erg beskadig.


Die kerk is in 1915 gebou met blou graniet wat afkomstig is van ’n vlugtelingkamp wat tydens die Anglo-Boereoorlog by die destydse Feesgronde buite Parys gevestig was.


Volgens die Parys Gazette is ‘n televisie, krane en koperware gesteel terwyl elektriese drade uit die mure geruk is. Die kerkorrel is ook beskadig


Koperdiefstal is volgens die Gazette al ’n geruime tyd ’n probleem in Parys, met krane en watermeters wat ook geteiken word.


Dit is ook nie die eerste kerk in die gebied wat deur koperdiewe geteiken is nie. Die NG Kerk in Schonkenville is in 2024 twee keer binne een week geteiken.


Anglikaanse kerk in Parys. FOTO: Parys Gazette
Anglikaanse kerk in Parys. FOTO: Parys Gazette

 
 
 

Comments


bottom of page