top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miljoene is glo aan geskorste werknemers van die Padongelukfonds betaal

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7
1 min read

ActionSA sê meer as R29 miljoen is betaal aan 16 geskorste werknemers van die Padongelukfonds wat tans nie werk nie.


Die party sê ’n parlementêre antwoord toon dat sommige werknemers sedert 2024 geskors is, met drie wat vir meer as ’n jaar geskors is.


ActionSA se Alan Beesley sê die betalings beloop gemiddeld R1,8 miljoen per werknemer.


Hy kritiseer die fonds vir die vermorsing van openbare geld terwyl ongeveer 37 000 gefinaliseerde ongelukseise steeds onbetaald is.


LUISTER HIER:


Alan Beesley

Alan Beesley. FOTO: ActionSA
Alan Beesley. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page