top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miljoene is nodig om SA diplomatieke eiendomme op te knap

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 hour ago
1 min read

Suid-Afrika se diplomatieke eiendomme in die buiteland kan meer as R830 miljoen se opknappings benodig.


Volgens inligting wat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in ’n parlementêre antwoord bekend gemaak het, is dié bedrag gebaseer op toestandsverslae wat oor drie jaar opgestel is.


Die DA doen intussen ’n beroep op die herprioritisering van die departement se begroting, met groter fokus op die instandhouding van ambassades.


Die party sê Suid-Afrikaanse ambassades is oor ’n tydperk onderbefonds en dat dit hul instandhouding benadeel.


Ter illustrasie. FOTO: Global Apostille
Ter illustrasie. FOTO: Global Apostille

 
 
 

Comments


bottom of page