Simelane vra vir ’n geïntegreerde benadering tot regeringsdienslewering

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het ’n beroep gedoen op ’n meer geïntegreerde benadering tot regeringsbeplanning en dienslewering.
Die minister het by die konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Openbare Administrasie en Bestuur in Durban gesê nedersettings moet volgens mense se behoeftes ontwikkel word, eerder as volgens regeringsdepartemente wat in afsondering funksioneer.
Behuising moet ook gekoppel word aan water, sanitasie, vervoer, skole, gesondheidsorg en ekonomiese geleenthede.
Sy het gevra vir beter koördinering tussen regeringsdepartemente, professionele leierskap, verantwoordbaarheid en sterker vennootskappe om veilige, geïntegreerde en volhoubare gemeenskappe te bou.








Comments