Miljoene rande se bates is gevries terwyl Transnet-kontrakte ondersoek word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 9, 2025
- 1 min read
Bates ter waarde van meer as R20 miljoen wat glo aan onreëlmatige kontrakte by Transnet tussen 2019 en 2022 gekoppel word, is deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gevries. Die kontrakte beloop saam sowat R89 miljoen. Van die gevriesde bates sluit luukse voertuie en eiendomme in Johannesburg en Vanderbijlpark in. Volgens die SOE se woordvoerder, Kaizer Kganyago, is die ondersoek deur fluitjieblasers aan die lig gebring. Hy voeg by dit is net een deel van ’n ondersoek na wanpraktyke by Transnet.






Comments