Regulasies om strooipos-oproepe te beperk word verwelkom
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom nuwe veranderinge aan die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 wat daarop gemik is om verbruikers meer beheer oor ongewenste bemarking te gee.
Volgens die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, stel die wysigings ‘n uitsluitingsregisterstelsel bekend. Dit stel verbruikers in staat om direkte bemarking van spesifieke maatskappye of regoor die hele bedryf te blokkeer.
Ingevolge die nuwe reëls moet alle direkte bemarkers by die kommissie registreer en gereeld hul kontaklyste opdateer om verbruikers wat gekies het om uitgesluit te word, te verwyder.
Registrasie vir beide besighede en verbruikers sal na verwagting in Julie begin.








Comments