top of page

Milnerton: Vermeende boelies is voorlopig geskors

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 23
  • 1 min read

Die agt leerlinge van Milnerton High School, wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n 16-jarige leerder aangerand het, is voorlopig uit die skool geskors.


TygerBurger berig die onderwysdepartement van die Wes-Kaap (WCED) het Woensdag bevestig die saak word met die erns wat dit verdien, hanteer. Die Milnerton-polisie bevestig ook hulle ondersoek 'n saak van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.


Dit kom nadat beeldmateriaal op sosiale media versprei het waarin 'n Graad 10-leerder fisies en verbaal deur 'n groep seuns op die skoolgronde aangerand word.


Die WCED vra dat die beeldmateriaal nie verder versprei word nie, ten einde die minderjariges se privaatheid te beskerm.


FOTO: The South African
FOTO: The South African

Comments


bottom of page