top of page

Woede vlam op ná 'n video van 'n tiener wat deur skoolseuns aangeval word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 22, 2025
  • 1 min read

'n Facebook-video van 'n Graad 10-leerder van Milnerton High School in die Kaap wat deur 'n groep seuns aangeval word, het wydverspreide reaksie ontlok.


Die insident het na bewering op 16 Oktober kort ná skool-ure plaasgevind, maar het eers 'n paar dae later op sosiale media verskyn. Dit wys hoe die 16-jarige leerder fisies en verbaal mishandel word terwyl ander leerders toekyk.


TygerBurger berig die insident is deur 'n lid van die United Democratic Movement, Nqabayomzi Kwankwa, onder die publiek se aandag gebring toe sy dit geplaas het saam met 'n verklaring van die slagoffer se ma.


In haar plasing beskuldig sy die skool daarvan dat hulle herhaalde verslae van afknouery ignoreer.


Polisie het bevestig 'n geregtelike ondersoek is van stapel gestuur.


'n Skermgreep uit die video. FOTO: The South African
'n Skermgreep uit die video. FOTO: The South African

 
 
 

Comments


bottom of page