Misa is bekommerd oor die dalende indiensneming in geskoolde ambagte

2 days ago
1 min read
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) het kommer uitgespreek oor werkverliese in geskoolde ambagte namate Suid-Afrika se werkloosheidsyfer tot 33.7% gestyg het.
Volgens die vakbond het 68 000 werksgeleenthede in handwerk en verwante ambagsberoepe verlore gegaan tussen die derde kwartaal van 2025 en dieselfde tydperk vanjaar.
Hierdie kategorie sluit motorwerktuigkundiges, motor-elektrisiëns en paneelkloppers in.
Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die syfers beklemtoon die behoefte aan staataansporings om ondernemings aan te moedig om permanente poste te skep.
LUISTER HIER:
Phakamile Hlubi-Majola










Comments