Misa steun die voorgestelde nul persent bloedalkohol-limiet

Sep 4
1 min read
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) het sy steun uitgespreek vir die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeerswet.
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het wysigings aan artikel 65 van die Wet voorgestel. Die wysigings sal ’n nul persent bloedalkohol-limiet vir motoriste afdwing.
Die vakbond sê dit is ’n belangrike mylpaal in die land se stryd teen padongelukke.
Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê meer as 18 000 motoriste is tussen Maart en Augustus vanjaar in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol.
LUISTER HIER:
Phakamile Hlubi-Majola








Comments