Mokoena is bewus van uitdagings by Dark en Silver City in die Mangaung-metro

Die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, Saki Mokoena, sê hy is bewus van die uitdagings rondom die hostel-herontwikkelingsprojekte by Dark en Silver City in die Mangaung-metro.
Die departement sê in ’n mediaverklaring 130 eenhede is reeds voltooi, waarvan 19 al inwoners het, terwyl 99 aansoekers nog op goedkeuring wag.
Volgens die departement het die sewende administrasie dié en ander langlopende probleme geërf en word ’n gefaseerde benadering gevolg om die projekte af te handel.
Intussen is 270 eenhede by die G-Hostel in Thabong, Welkom, voltooi, maar die proses om dit aan inwoners toe te ken kan eers begin nadat probleme met grootmaat-infrastruktuur opgelos is.
Die departement sê interne ondersoeke en dissiplinêre prosesse is ook aan die gang oor onreëlmatighede wat deur die Ouditeur-Generaal geïdentifiseer is.









Comments