MOTO GP: Brad Binder eindig 6de in Japan Moto GP
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 7, 2024
- 1 min read
Brad Binder van die Red Bull KTM span het goeie rekenskap van homself gegee in die Japanse GP en die sesde plek behaal. Diè Suid-Afrikaner beklee tans die vyfde plek op die kampioenskaps-puntelys. Die ren is deur Francesco Bagnaia van Ducati Lenovo gewen in ’n tyd van 42:09.79 met Jorge Martin en Marc Marquez in onderskeidelik die tweede en derde plekke. Die volgende wedren is die Australiese Moto GP op 20 Oktober in Melbourne.






Comments