top of page

MOTO GP: Jorge Martin ernstig beseer tydens voorseisoense toetse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 6, 2025
  • 1 min read

Die MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, gaan waarskynlik nie sy kroon vanjaar kan verdedig nie. Die Spanjaard het Woensdag in Maleisië gedurende die eerste dag van voorseisoense toetswedrenne van sy Aprilia-motorfiets afgeval en is ernstig beseer. Martin is van sy fiets afgegooi om die tweede draai van die Sepang-baan en bene in sy regterhand en linkervoet gebreek met die 27-jarige wat na verwagting reeds Donderdag na Europa teruggekeer het vir die operasies. Die eerste MotoGP-ren van die jaar sal op 2 Maart in Thailand plaasvind.

 
 
 

Comments


bottom of page