top of page

MOTO GP: Marc Marquez maak dit nege oorwinnings vanjaar na ’n suksesvolle naweek in Spielberg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 18, 2025
  • 1 min read

Die Spanjaard Marc Marquez het sy negende oorwinning van die seisoen behaal toe hy eerste onder die geruite vlag deurgejaag het by die Hongaarse Grand Prix in Spielberg. Die Ducati-jaer het sy ‘n sesde agtereenvolgende sege vanjaar behaal en was gevolg deur landgenoot Fermin Aldeguer en die Italianer Marco Bezzechi in die derde plek. Die heersende kampioen Jorge Martin van Aprilia Racing wat ‘n opdraende seisoen beleef  het nog ‘n moeilike naweek agter die rug toe hy na slegs 13 rondes die handdoek moes ingooi. Suid-Afrika se Brad Binder was in die sewende plek. Marc Marquez is tans bo-aan die punteleer op 418 gevolg deur kleinboet Alex met 276 en die Italianer Francesco Bagnaia in die derde plek op 221.

 
 
 

Comments


bottom of page