Motordiefstal neem toe

Sep 8
1 min read
Die polisie het ’n waarskuwing aan motoreienaars gereig, nadat motors ter waarde van meer as R4 miljoen binne drie dae in Kimberley, in die Noord Kaap, gesteel is.
’n Toyota Land Cruiser is Woensdag by ‘n winkelsentrum gesteel, gevolg deur ’n Ford Ranger Wildtrak en Ford Raptor Vrydag.
Die polisie vermoed seinblokkeringstoestelle kan gebruik word om te verhoed dat voertuie sluit.
Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Molefi Shemane, het motoriste aangespoor om hul deure fisies na te gaan, te verhoed dat waardevolle items binne gelaat word en verdagte aktiwiteite aan te meld.








Comments