MOTORSPORT: Antonelli ongeskonde ná padongeluk in San Marino
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Die tiener Mercedes-bestuurder, Kimi Antonelli, was betrokke by ‘n padongeluk naby sy huis in San Marino, maar het sonder beserings daarvan afgekom.
Die 19-jarige, wat verlede jaar sy bestuurstoets geslaag het, was die enigste insittende van die motor en geen ander voertuie was betrokke nie.
Berigte in Italië dui daarop dat die Mercedes-sportmotor teen ‘n muur gebots het.
Die voorval kom terwyl Mercedes met voorseisoentoetse in Bahrein begin, met George Russell wat as ‘n titel-aanspraakmaker beskou word en Antonelli wat sy eerste Formule Een-oorwinning mik.








Comments