MOTORSPORT: Nascar-ster Connor Zilisch breek sy sleutelbeen nadat hy sy oorwinning vier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12, 2025
- 1 min read
Die Nascar-ster Connor Zilisch het sy sleutelbeen gebreek nadat hy sy oorwinning gevier het in die Nascar-reeks se tweede vlak die afgelope Saterdag. Die 19-jarige Zilisch het deur die venster van sy Chevrolet geklim om op sy dak te seëvier toe sy linkervoet onder hom uitgegly het en ten aanskoue van die geskokte skare met die teer-oppervlak kennis gemaak het by die Watkins Glen International-renbaan. Kort na dié voorval het die jong renjaer op X geskryf dat hy dankbaar is vir die paramedici se vinnige optrede. Die CT-skanderings het ook aangedui dat hy nie ’n kopbesererig opgedoen het nie. Zilisch sou weer Sondag deelneem maar het besluit om te onttrek.






Comments