top of page

MOTORSPORT: S.A. renjaer Andrew Rackstraw klou vas aan sy een punt voorsprong in die Carrera Cup

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaner Andrew Rackstraw se voorsprong op die puntelys van die Bristse Porsche Carrera Cup het met ’n enkele punt gekrimp na die laaste wedren-naweek op die Croft-rebaan in die noorde van Yorkshire. Rackstraw wat heelwat meganiese teëspoed beleef het, het goed weggespring in die vyfde plek na kwalifisering maar is aan die einde van die eerste ronde deur ’n ander motor getref. Hy het weer die ren in die 12de plek hervat maar nog twee plekke teruggewen vir ’n algehele 10de plek. In die tweede wedren het die gebore Kapenaar egter heelwat beter gevaar en sesde geëindig. Die volgende ren-naweek is 16 en 17 Augustus by die Knockhill-renbaan in Fife, Skotland waarna Donington Park (30 & 31 Augustus), Silverstone (20 & 21 September) en Brands Hatch (4 & 5 Oktober) op die kalender is.

 
 
 

Comments


bottom of page