top of page

MOTORSPORT: Safari-veldtydren sal weer terugkeer na S.A. na suksesvolle eerste byeenkoms in Noordwes

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 30
  • 1 min read

Die Safari-veldtydren wat vir ’n geskiedkundige eerste keer in Suid-Afrika aangebied is gaan weer na die diè land terugkeer na ’n suksesvolle eerste W2RC-reeks in Noordwes. Om die kersie op die koek te sit is die Suid-Afrikaanse duo bestaande uit Henk Lategan en Brett Cummings boonop as die kampioene in die topmotorklas by Sun City gekroon. Die Uitvoerende Hoof van die Safari-veldtydren Archie Rutherford sê die byeenkoms in Noordwes het alle verwagtinge oortref en sommige deelnemers het ook gesê dat dit die beste W2RC-byeenkoms was waaraan hulle tot dusver nog deelgeneem het.  Rutherford het bygevoeg dat daar ’n internasionale rotasie-ooreenkoms met Argentinië is wat beteken dat Suid-Afrika elke tweede jaar ’n W2RC-byeenkoms sal aanbied. Vic Maharaj, Uitvoerende Hoof van Motorsport Suid-Afrika het dit ook beaam dat die byeenkoms ’n reuse sukses was en veilig en sonder enige ernstige beserings afgesluit is. Hy het groot lof toegeswaai aan die plaaslike promotors, beamptes en baanbeamptes en hulle bedank vir hul toewyding en professionaliteit.

 
 
 

Comments


bottom of page