KRIEKET: Indië sal Engeland in die IKR Onder-19 Manskrieketwêreldbeker-eindstryd die stryd aansê
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Indië het hul plek in die IKR Onder-19 Manskrieketwêreldbeker-eindstryd bespreek deur Afghanistan in die tweede halfeindstryd te klop.
Afganistan het ‘n sterk 310 lopies opgestel, maar Indië se antwoord het aggressief begin toe Vaibhav Sooryavanshi 68 lopies van 33 balle bygedra het, om die teiken in net meer as 41 boulbeurte te bereik.
Indië sal môre teen Engeland in die eindstryd by die Harare Sportklub te staan kom.







Comments