top of page

MOTORSPSORT: Hamilton op 'n laagtepunt na nog ’n sukkelren by die Hongaarse Grand Prix

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7, 2025
  • 1 min read

Lewis Hamilton moes tevrede wees met 12de plek in nog ‘n teleurstellende naweek by die Hongaarse Grand Prix. Hy het ná die kwalifiserende rondes laat hoor dat hy nutteloos voel en dat Ferrari dalk eerder na ’n ander renjaer moet kyk. Ferrari se spanhoof Fred Vasseur het Hamilton verdedig en sê die Brit is gefrustreerd maar geensins moedeloos nie en dat sulke emosionele uitlatings ná swak vertonings normaal is. Die volgende ren is die Nederlandse Grand Prix wat die 31ste Augustus by Zandvoort gejaag sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page