top of page

Mthethwa kry 'n spesiale begrafnis

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 9
  • 1 min read

Wyle ambassadeur Nathi Mthethwa sal met ’n spesiale begrafnis vereer word.


Netwerk24 berig die presidensie het Woensdag aangekondig Mthethwa sal Sondag op ’n spesiale kategorie twee- amptelike begrafnis by KwaMbonambi in KwaZulu-Natal gegroet word.


Mthethwa, wat voorheen ook as minister van polisie, van veiligheid en sekuriteit, en van sport, kuns en kultuur, gedien het, was ten tyde van sy dood Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk.


Hy is op 30 September in die ouderdom van 58 in Parys dood gevind.


Nathi Mthethwa. FOTO: IOL
Nathi Mthethwa. FOTO: IOL

Comments


bottom of page