Nathi Mthethwa is in Frankryk dood
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Sep 30
- 1 min read
Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, is dood in Parys in Frankryk.
SABC News berig Mthethwa se liggaam is by die Hyatt Hotel gevind waar hy, volgens verslae, van die 22e vloer af geval het.
Mthethwa het in verskeie kapasiteite in die regering gedien, insluitend as polisieminister tussen 2009 en 2014.
Hy was onlangs in die nuus toe die die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, gesê het hy het die voormalige hoofinspekteur van intelligensie, Faith Radebe, geforseer het om 'n saak teen die voormalige hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, te onttrek.
Die departement van internasionale betrekkinge moet nog nadere besonderhede oor sy dood verskaf.






Comments