top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

My Vote Counts vra vir meer inligting oor politieke befondsing

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 1
1 min read

Die burgerlike samelewingsorganisasie My Vote Counts sê openbaarmaking van politieke befondsing moet kiesers van meer inligting voorsien oor wie agter groot skenkings staan.


Dit volg nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie die jongste openbaarmakings oor befondsing aan politieke partye gepubliseer het.


Vier politieke partye het gesamentlik R116,8 miljoen se skenkings gedurende die eerste kwartaal van die 2026-'27-boekjaar verklaar. Die DA was verantwoordelik vir bykans 89 % van die totaal, en het sowat R104 miljoen verklaar.


My Vote Counts sê kiesers behoort die mense en belange agter beduidende skenkings te kan identifiseer sonder om hul eie ondersoeke te hoef te doen.


FOTO: My Vote Counts
FOTO: My Vote Counts

 
 
 

Comments


bottom of page