top of page

'n Aberdeen-boer sê sy dade met au pairs was konsensueel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 20
  • 1 min read

'n Boer van Aberdeen in die Karoo, wat van die verkragting en mensehandel van au pairs aagekla word, hou vol dat die seksuele verhoudings met die vroue konsensueel was.


IOL berig Louis Lategan het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof in Makhanda getuig. Hy word daarvan beskuldig dat hy ses vroue na sy plaas gelok het onder die voorwendsel van au pair- werk, waar hy hulle na bewering bedwelm het en herhaaldelik verkrag het. Die aanklagte sluit mensehandel in.


Hy is in Julie 2023 in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorhandig het, en is twee keer borgtog geweier.


Rosestad-nuus het vroeër berig ná sy egskeiding het die hof beveel dat 'n au pair altyd teenwoordig moet wees wanneer sy twee minderjarige kinders by hom is. Hy het toe na bewering vroue via sosiale media en au pair- agentskappe werk aangebied. Hierna sou hy hulle glo bedwelm en verkrag.


Sy getuienis sal na verwagting Donderdag hervat.


Louis Lategan. FOTO: Netwerk24
Louis Lategan. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page