top of page

'n Boer lok glo kinderoppassers om hulle te bedwelm en verkrag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

'n Boer van Aberdeen in die Oos-Kaap word daarvan beskuldig dat hy van 2020 tot 2023 werksgeleenthede aan jong vroue uit moeilike maatskaplike omstandighede aangebied het, net om hulle glo te bedwelm en seksueel aan te rand.


Netwerk24 berig die vroue kon óf nie die seksdade onthou nie óf hulle was nie in staat om dit te keer nie.


Die beskuldigde, Louis Lategan, het glo aan die vroue gesê hulle wóú seks gehad het wanneer hulle die volgende oggend naak in sy bed wakker word.


Vir eerste vier maande ná sy egskeiding moes Lategan ’n oppasser teenwoordig hê wanneer sy kinders by hom kuier.


Die meeste beskryf dat hulle met moeite van die plaas weggekom het en dat Lategan hulle soms gedreig en weer gaan soek het wanneer hulle weggekom het.


Lategan staan tereg op ’n reeks aanklagte, insluitend verkragting, mensehandel, aanranding met die opset om ernstig te beseer. Lategan ontken skuld op al die aanklagte.


Louis Lategan. FOTO: Netwerk24
Louis Lategan. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page