'n Bejaarde verkragter is in 'n Bfn tronk oorlede

’n Bejaarde veroordeelde verkragter van Petrusburg, wat vroeër tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting van 'n agtjarige kind gevonnis is, is oor die naweek in die hospitaalafdeling van die Grootvlei-tronk in Bloemfontein dood.
Netwerk24 berig die 84-jarige Barend Hendrik van der Berg se prokureur, Francois Retief, sê Van der Berg het glo voor sy dood ophou eet en steeds pyn ervaar nadat hy vroeër in die stort in die tronk geval en sy heup gebreek het.
Hulle was van plan om Vrydag ’n kennisgewing van mosie tot appèl, asook 'n borgtogaansoek, by die hooggeregshof in te dien.
Van der Berg is in Augustus tot lewenslange tronkstraf en ’n verdere 15 jaar weens die seksuele uitbuiting van kinders gevonnis en vier jaar weens die dwing van kinders om seksuele misdrywe, seksuele dade of selfbevrediging te aanskou.
Van der Berg het sy vonnisverrigtinge aanlyn uit sy hospitaalbed in die Pelonomi-hospitaal gevolg nadat hy sy heup gebreek het.
Navrae aan die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, is nie beantwoord nie.










Comments