top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bekwame polisiediens is die sleutel tot misdaadbestryding

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8
1 min read

Volgens President Cyril Ramaphosa is ‘n bekwame en professionele polisiediens die sleutel tot die bekamping van misdaad en die herstel van openbare vertroue.


In sy weeklikse nuusbrief het Ramaphosa gesê dat die regering die polisie versterk deur Projek 11-duisend, met 5 500 nuwe konstabels wat gereed is om opleiding te begin.


Dit volg op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Nasionale Herdenkingsdag die naweek.

Hy sê kriminele infiltrasie, korrupsie en politieke inmenging moet uitgeroei word.


Ramaphosa vra ook vir beter misdaadintelligensie, ondersoeke, forensiese kapasiteit en tegnologie.


Hy sê die regering en gemeenskappe moet saamwerk om ‘n effektiewe en verantwoordbare polisiediens te bou wat Suid-Afrikaners veilig kan hou.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page