‘n Bfn hof hoor die ANC se aansoek teen die OVK aan

Sep 16
1 min read
Die Verkiesingshof in Bloemfontein sal na verwagting Woensdag die ANC se aansoek teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhoor.
Nova News berig die uitdaging is weens ’n kandidaatlys-dispuut wat die uitslag van die 4 November-verkiesing in die Mangaung-metro kan beïnvloed. Die dispuut volg nadat die ANC versuim het om teen die sperdatum sy kandidaatname in te dien.
Die party het tegniese probleme op die OVK se webwerf daarvoor blameer.
Die OVK se woordvoerder in die Vrystaat, Mmathabo Rasegane, sê die gesertifiseerde kandidaatlys sal eers Woensdag nadat die hofsaak afgehandel is, beskikbaar wees.








Comments