top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn vrou is agter tralies vir die moord op 'n familielid

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15
1 min read

'n Bloemfonteinse vrou is tot 22 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis nadat sy ’n familielid, wat ’n polisiebeampte is, tydens ’n familietwis doodgesteek het.


Netwerk24 berig die hof het gehoor hoe die slagoffer, Violet Khomotsoane, 'n woordewisseling tussen die beskuldigde, Nonqithi Gumanda, en 'n ander familielid probeer oplos het. Toe haar poging onsuksesvol was, het sy van die rusie weggestap.


Gumanda het Khomotsoane egter na buite gevolg en haar in die bors gesteek.


Gumanda het aanvanklik beweer dat sy uit selfverdediging opgetree het, maar later gesê dat sy Khomotsoane bloot wou bangmaak.


Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, sê die hof het albei haar weergawes verwerp en bevind dat dit teenstrydig is met die getuienis wat aangebied is en die werklike omstandighede van die aanval.


Gumanda is gevolglik aan moord skuldig bevind.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page