top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Verkiesing2026: ‘n Bfn wyk se stemme is aangepas ná ‘n hertelling

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago
1 min read

Die plaaslike verkiesing se uitslae vir Wyk 19 in Bloemfontein Saterdag aangepas nadat die stembriewe van die stempunt by die Ehrlichpark-brandweerstasie oorgetel is.


Volgens die aanpassing het die DA wyk 19 by die ANC gewen. Dit kom nadat die DA en onder meer die VF Plus beswaar oor die stempunt se uitslag aangeteken het.


Netwerk24 berig die DA-LPW en die party se burgemeesterskandidaat in die metro, Werner Pretorius, sê hulle het die wyk aanvanklik met twee stemme aan die ANC verloor. Nadat dit oorgetel is, het die DA die wyk met 41 stemme gewen.


Pretorius sê die party is besig om die provinsie se uitslae te bestudeer. Hulle sal die verskillende regeringsmodelle teen mekaar opweeg en met die ANC en ander partye in gesprek tree oor die opsies in die Vrystaatse munisipaliteite.


Ter illustrasie. FOTO: Quartz
Ter illustrasie. FOTO: Quartz

 
 
 

Comments


bottom of page