top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Bloem-leerder palm drie nasionale kultuurtoekennings in

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9
1 min read

’n Graad ses-leerder van Grey Kollege Primêre Skool in Bloemfontein is as ’n drievoudige nasionale wenner aangewys.


Liewan Claassens het dié uitsonderlike prestasie tydens die Con Spirito Eisteddfod se Nasionale Forté-finaal behaal. Dié nasionale ronde is slegs toeganklik vir deelnemers wat ’n minimum van 90% in die eerste rondes behaal.


Claassens is as nasionale Forte-itemwenner aangewys vir sy Afrikaanse poësie, Afrikaanse opstel en ongedramatiseerde prosavoordrag.


Vir sy kreatiewe skryfwerk het hy onderskeidelik ’n A+++ en A++ ontvang.


Die skool het bevestig dat dit sy derde nasionale Forte-itemwenning is. Dit beteken hy het vanjaar drie nasionale kultuurtoekennings verower.


Liewan Claassens. FOTO: Facebook
Liewan Claassens. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page