‘n Bloemfontein leerder se stem is binnekort op Cartoon Network te hoor

Sep 14
1 min read
’n Bloemfonteinse leerder gaan binnekort haar stem op Cartoon Network se internasionale animasierees Regular Show laat hoor.
Volgens Bloemnuus Express is Danielle Grobler van Eunice Hoërskool een van slegs vier nasionale wenners van ’n landswye kompetisie om ’n karakter in die reeks te stem.
Meer as 1 000 mense het aan die kompetisie deelgeneem, met 354 amptelike inskrywings in Afrikaans, isiZulu, isiXhosa en Sesotho.
Grobler het onlangs saam met die ander wenners na ’n professionele ateljee in Johannesburg gereis om ’n 60-sekonde-snit van die karakter Rigby in Afrikaans op te neem.
Die wenners se stemme sal binnekort op Cartoon Network Africa, op DStv-kanaal 301, uitgesaai word.








Comments