'n Bloemfonteiner is glo as direkteur van 'n apteek gelys wat met Mel Viljoen verbind word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
'n Mediese praktisyn van Bloemfontein, Louis Hugo, dreig met regstappe om vas te stel hoe hy sonder sy toestemming as direkteur van 'n apteek gelys is wat met Mel Viljoen verbind word.
Netwerk24 berig rekords van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom toon dat Hugo, wat Bloemfonteinse maermaakmagnaat Tommie Smook se voormalige vennoot in Smook, Hugo & Vennote is, in Junie 2024 as mededirekteur van Steyl Apteek aangestel is. Hy het sowat vier maande later bedank.
Smook se lewensmaat, Suzé Steyl, was ’n week lank saam met Mel Viljoen direkteure van Steyl Apreek, wat verbind word met die verspreiding van skedule 4-maermaakspuite. Die rekords wys dat Mel Viljoen op dieselfde dag as Hugo se bedanking as mededirekteur van Steyl Apteek aangestel is. Sy het egter ’n week later bedank.
Mel Viljoen en haar man, Peet, is pal in die kollig weens hul deportasie van Amerika. Mel het nie op navrae gereageer nie.
Hugo bevestig hy het geen verbintenis meer met Smook nie.








Comments