'n Bfn tiener is vas vir statutêre verkragting

'n Tienerseun van 17 jaar staan tereg op 'n klag van statutêre verkragting. Die slagoffer was ses jaar oud ten tyde van die beweerde misdrywe in 2022 en 2023 in Turflaagte in Bloemfontein.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die verdagte het aanvanklik na 'n buurland gevlug nadat hy gehoor het dat ’n saak by die Kopanong-polisiestasie geopen is.
Volgens Kareli het die verdagte destyds by die slagoffer se ouers gewoon, en dat die niksvermoedende ouers hul jong dogtertjie in die sorg van die verdagte gelaat het wanneer hulle die huis verlaat het.
Kareli sê die seksuele misdrywe het aan die lig gekom toe die kind siek geword het en deur 'n dokter ondersoek is.
Die verdagte word tans by ’n veilige jeugsorgfasiliteit aangehou en hy sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Sy identiteit word ingevolge die Kindergeregtigheidswet weerhou.









Comments