top of page

'n Bloemfonteinse hospitaal open 'n hibried-fasiliteit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die Life Rosepark Hospitaal in Bloemfontein het 'n vaskulêre hibried-fasiliteit geopen, wat 'n groot stap vorentoe is vir gesondheidsorg in die streek.


Bloem Express berig die fasiliteit is in lyn met globale vordering in gesondheidsorg. Die fasiliteit, enig in sy soort in sentraal Suid-Afrika, kombineer ope chirurgie en minimaal indringende endovaskulêre prosedures, en integreer splinternuwe tegnologie en deurdagte ontwerp vir veiliger en meer presiese behandeling.


Tydens die openingsgeleentheid het die voorsittende vaskulêre chirug en die eerste vroulike president van die Vaskulêre Vereniging van Suider Afrika, Asha Malan, gesê wêreldklas- vaskulêre sorg hoort hier, naby aan almal.


Hospitaalbestuurder, Hein Rossouw, sê die teater is nie net 'n opgradering van die huidige fasiliteite nie, maar 'n belegging in die toekoms van gesondheidsorg in die Vrystaat.


Sam Letsoara, Balekile Mzangwa, Asha Malan en Hein Rossouw. FOTO: Bloem Express
Sam Letsoara, Balekile Mzangwa, Asha Malan en Hein Rossouw. FOTO: Bloem Express

 
 
 

Comments


bottom of page