‘n Bloemfonteinse chirurg is tot VASSA se eerste vroulike president benoem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 15
- 1 min read
'n Vaskulêre chirurg by Mediclinic Bloemfontein, Professor Asha Malan, het die Vaskulêre Vereniging van Suider-Afrika (VASSA) se eerste vroulike president geword.
Luidens ‘n mediaverklaring van Mediclinic was sy eens die enigste vaskulêre chirurg in sentraal-Suid-Afrika, en is daartoe verbind om ander op te lei.
Malan sê sy het nie dadelik besef dat sy die eerste vrou is wat VASSA in sy 40-jarige geskiedenis lei nie, maar dis iets waarop sy trots is.
Sy voeg by vaskulêre chirurgie – en chirurgie in die algemeen – is lank reeds 'n manlik gedomineerde veld. Maar dinge verander, en volgens haar is daar nou 'n paar kragtige vroue in chirurgie.







Comments