'n Bloemfonteinse pa is tuis ná sy gru-ongeluk in Amerika
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 18
- 1 min read
Die Bloemfonteiner wat in Oktober op ‘n plaas in Minnesota, Amerika, in ‘n ernsige veldkar-ongeluk was en lewensbedreigende beserings opgedoen het, is terug by die huis.
Bloemnuus berig Dries Botha wag nou vir toestemming van die siekefonds om vier weke se rehabilitasie te ondergaan. Voorts moet hy in Desember twee operasies ondergaan om die plate en skroewe uit sy linkergewrig te verwyder.
Rosestad-nuus het vroeër berig die aand met die ongeluk in Oktober moes Dries per lugmbulans na die hospitaal vervoer word vir 'n noodoperasie op sy hoofslagaar. Sy maag en milt moes uit sy ribbekas teruggeskuif word. Hy het ses gebreekte ribbes gehad en sy linkergewrig moes met penne en plate gespalk word.
Hy het ook ander beserings gehad, waaronder ernstige hoofbeserings.




Comments