'n Bloemfonteiner is in 'n koma in Amerika na 'n plaasongeluk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 22
- 1 min read
’n Pa van Bloemfontein is al langer as ’n week in ’n koma in ’n Amerikaanse hospitaal nadat hy in ’n ongeluk met ‘n veldvoertuig op ’n plaas was.
Sy vrou, Kayla, het kort ná die nuus oor haar man na Amerika gevlieg om hom te ondersteun. Sy sê dit is nie presies duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie, maar haar man het uit die voertuig geval nadat dit begin rol het.
Netwerk24 berig Botha moes per lugambulans na die Hennepin-hospitaal in Minneapolis vir ’n noodoperasie geneem word. Die impak van die ongeluk het onder andere bloeding op sy brein en ernstige skeuring aan die linkerkant van sy buik veroorsaak.
Die egpaar het nog nie ’n aanduiding wat die mediese uitgawes gaan wees nie, en Botha het nie mediese versekering in Amerika nie. ’n Geldinsamelingsveldtog is van stapel gestuur.






Comments