top of page

‘n Bloemfonteinse prokureur is gereed om op aanklagte teen haar te pleit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

‘n Bloemfonteinse prokureur wat glo ‘n familieonderneming uit miljoene rande bedrieg het, is gereed om op die aanklagte teen haar te pleit. Netwerk24 berig streekslanddros Collin Nekosi het die verhoor van Elmarie Vosloo tot 30 September uitgestel. Sy staan tereg op sewe aanklagte van onder meer bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die wet op prokureurs. Advokaat Allen Simpson, wat vir Vosloo optree, sê Vosloo is gretig vir die verhoor om so gou as moontlik te begin. Die aanklagte teen Vosloo spruit uit die verkoop en registrasie van eiendomme in Januarie 2016. Luidens die klagstaat het sy R6 miljoen uit die transaksie ontvang wat in die Vosloo-prokureurs se trustrekening gehou moes word. Vosloo het glo egter van die geld vir haar eie voordeel gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page