top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Boer van Vrede se liggaam is langs die pad gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Die liggaam van ’n boer van Vrede, vermoedelik in sy 50’s of 60’s, is langs die D98-grondpad in die omgewing van Ingogo in in Kwa-Zulu Natal gevind.


Voorlopige verslae van die toneel dui daarop dat die man ’n enkele skietwond aan die bors opgedoen het.


The Citizen berig hy is langs ’n voertuig, vermoedelik sy eie bakkie, gevind. Sy sleutels, beursie en selfoon was by hom.


Die polisie het ’n vuurwapen minder as 2 m van die liggaam gevind wat moontlik aan die boer behoort.


Ballistiese toetse sal gedoen word om vas te stel wie die eienaar van die vuurwapen is en of dit in die skietvoorval gebruik is.


Die liggaam van 'n boer is langs die D98-pad gevind. FOTO: Facebook
Die liggaam van 'n boer is langs die D98-pad gevind. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page