‘n Boer volg ‘n bloedspoor nadat 45 skape gesteel is

Nadat 45 skape op ’n plaas in Steynsrus in die Vrystaat gesteel is, het ’n boer en sy buurman ’n bloedspoor deur die veld gevolg en op minstens 20 dooie lammers afgekom wat keelaf gesny en net daar gelos is.
Netwerk24 berig altesaam 16 ooie en 29 lammers is Vrydagnag daar gesteel. Die boer sê hy het die spoor van die gesteelde skape in die rigting van Steynsrus gevolg en elke paar honderd meter op ’n dooie lam afgekom.
Die vermoede is dat die diewe die ooie en hul lammers aangejaag het. Die lammers wat nie kon byhou nie, is eenvoudig keelaf gesny en daar gelos.
Só het die boer en sy buurman uiteindelik op 20 van die 29 gesteelde lammers afgekom. Die ander nege lammers en al 16 ooie is egter weg.
'n Diefstalsaak is aanhangig gemaak. Geen kommentaar is van die polisie ontvang nie.








Comments