'n Dierewelsynsgroep pleit vir stiller alternatiewe tot vuurwerke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 31, 2025
- 1 min read
Die dierewelsynsgroep Four Paws vra dat gemeenskappe vuurwerke moet laat vaar en vriendeliker maniere moet kies om die nuwe jaar te vier.
Die organisasie se Fiona Miles waarsku dat harde vuurwerke elke feestyd paniek, trauma en beserings aan troeteldiere, wild en vee veroorsaak. Miles sê baie diere vlug uit vrees, raak vermis of ly aan langtermyn-angs as gevolg van die geraas.
Sy doen ‘n beroep op stil alternatiewe soos ligvertonings, die skep van veilige ruimtes vir troeteldiere by die huis, en die opvoeding van bure en kinders.
Miles sê vieringe moet nooit ten koste van dierewelsyn wees nie.
LUISTER:






Comments