top of page

Four Paws vra dat Suid-Afrikaners dierewelsyn prioritiseer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 29, 2025
  • 1 min read

Die dierewelsynsorganisasie Four Paws vra dat Suid-Afrikaners vriendelikheid teenoor diere ‘n Nuwejaarsprioriteit moet maak.


Die organisasie se direkteur, Fiona Miles, sê klein, alledaagse keuses kan betekenisvolle verandering vir diere, mense en die planeet teweegbring. Miles moedig die publiek aan om te pleit vir sterker dierebeskerming deur gebruik te maak van hul Dierewelsyn-voorspraakgids.


Sy sê verantwoordelike troeteldierbesit, insluitend sterilisasie en inenting, is ook belangrik.


Miles sê Suid-Afrika staar groeiende dierewelsynsuitdagings in die gesig en glo dat gesamentlike optrede in 2026 kan help om ‘n meer deernisvolle en volhoubare toekoms te bou.


LUISTER:


Fiona Miles

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page