top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Etiek-klag is teen John Hlophe ingedien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14
1 min read

’n Etiek-klag is teen die opposisieleier, John Hlophe, ingedien omdat hy na bewering nie al sy belange verklaar het soos deur die parlement se Etiese Gedragskode vereis word nie.


Die DA sê inligting toon Hlophe is steeds ’n aktiewe direkteur van Wynvallei 41 Eiendomme en Malebo Wine Farmers, en is die geregistreerde eienaar van ’n eiendom in Pinelands in Kaapstad.


Sy parlementêre belange-register vir die tydperk tot 30 Junie 2026 sê egter dat hy niks het om te verklaar nie.


Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê die party het die Registrateur gevra om dit te ondersoek.


LUISTER HIER:


George Michalakis

John Hlope. FOTO: ActionSA
John Hlope. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page