‘n Gedenkdiens vir wyle sersant Mahlomola Kareli word in Bloemfontein gehou

Sep 16
1 min read
Die Vrystaatse polisie hou Donderdag, 17 September, ’n gedenkdiens vir provinsiale polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Peter Kareli, wat ná ’n siekbed op 9 September oorlede is.
Die gedenkdiens begin om twaalfuur by Bobbiespark in Hospitaalpark, Bloemfontein.
Sy begrafnisdiens vind Saterdag om agtuur die oggend by Kananelo Hoërskool in Phomolong, Kroonstad, plaas.
Kareli was nie net vir Rosestad-nuus ’n bekende stem aan die ander kant van die foon nie, maar ook ’n belangrike skakel tussen die polisie, die media en gemeenskappe regoor die provinsie.








Comments